| lengtemaat [boodskap #134013] |
Do., 08 Oktober 2020 20:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kort lengtes kan met 'n liniaal gemeet word.
lengtemaat
Afbreking: leng•te•maat
Samestelling: lengte + maat
Selfstandige naamwoord: lengtemaat
Meervoud: lengtemate
Betekenis:
• 'n Eenheid (maat) om die lengte van iets op te meet.
Gebruik:
• 'n El is 'n ou lengtemaat, ongeveer so lank as 'n gemiddelde persoon se hand en voorarm.
Hiponiem:
• duim
• jaart
• kilometer
• ligjaar
• meter
• myl
• voet
Vertaling:
Engels: unit of length
Nederlands: lengtemaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|