| aardrykskunde [boodskap #133979] |
Di., 06 Oktober 2020 14:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26311 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
'n Kaart van die Aarde.
aardrykskunde
Afbreking: aard•ryk•skun•de
Samestelling: aardryk + -s- + -kunde
Selfstandige naamwoord: aardrykskunde
Meervoud: –
Betekenis:
• Die studie van die natuurlike en menslike verskynsels op Aarde, soos die berge, oseane, vulkane, lande en mense.
Gebruik:
• In aardrykskunde leer ons van die aarde se klimaat, landskappe en bevolkings.
Sinoniem:
• geografie
Hiponiem:
• plantaardrykskunde
Afgelei:
• aardrykskunde-onderwyser
• aardrykskundeboek
• aardrykskundeles
• aardrykskundig
• aardrykskundige
Afkorting:
• aardr.
Vertaling:
Engels: geography
Nederlands: aardrijkskunde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|