| aanbeveel [boodskap #133625] |
Sa., 19 September 2020 15:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26581 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
aanbeveel
Afbreking: aan•be•veel
Uitspraak: /ˈɑːmbəfiə̯ɫ/
Werkwoord: beveel aan, aanbeveel
Verlede tyd: het aanbeveel
Teenwoordige deelwoord: aanbevelend, aanbevelende
Verlede deelwoord: aanbeveelde, aanbevole
Betekenis:
• Om iets of iemand wat goed of geskik is vir ander aan te raai.
Gebruik:
• Ek kan die nagereg baie sterk aanbeveel.
Sinoniem:
• aanraai
• aanprys
• voorstel
Antoniem:
• afkeur
• afraai
Afgelei:
• aanbeveling
• aanbevole
Vertaling:
Engels: to recommend, prescribe
Nederlands: aanbevelen
Nota:
• Oorganklike werkwoord.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|