Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Definisie van Boer en Boerin?
Definisie van Boer en Boerin? [boodskap #13352 is 'n antwoord op boodskap #13354] |
Thu, 19 March 1998 00:00  |
b...
Boodskappe: 33 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Boer:
Iemand wat velskoene, geel rugbykouse dra met AWB kortmouhemp en
kortbroek.
Iemand wat dink Bakoorjakkelse vang skaap en aasvoels vang lammers.
Iemand wat dink 'n hond eet pap en moet die heeldag vasgemaak word.
'n Jong man wat vrou soek deur saam met ander van dieselfde soort in 'n
voertuig rondry en in die verbygaan op meisies skreeu en aanmerkings
maak.
Iemand met 'n moerse stuk grond wat heeldag sit en krieket kyk terwyl
ongeveer 15 anderskleuriges boer.
Iemand wat 'n melkboerdery het, maar nooit aan 'n koei vat nie.
Boerin:
Vrou wat in 'n moerse huis bly en heeldag voor die spieel sit terwyl
anderskleuriges huiswerk doen.
Vrou met 'n moerse tuin, maar die handjies word nooit vuil nie.
Vrou wat op 'n paar duisend hektaar bly, maar nie die verskil tussen 'n
bul en koei ken nie.
Vrou met oorvloed in die wereld wat heeldag sit en moan oor die
huishoudster wat haar suiker steel.
Hou die blink kant bo
|
|
|
Re: Definisie van Boer en Boerin? [boodskap #13353 is 'n antwoord op boodskap #13352] |
Thu, 19 March 1998 00:00   |
doos
Boodskappe: 14 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
In article , b...@boer.wa.sa says...
> Boer:
> Iemand wat velskoene, geel rugbykouse dra met AWB kortmouhemp en
> ens., ens., ens.
Rassis:
Iemand wat bevooroordeelde, deurgaans negatiewe, opinies vorm van ander
mense, bloot op grond van hulle sosiale groepering.
Jy beskryf anargismes, en bewys daardeur presies hoe uit voeling met die
werklikheid in Suid-Afrika jy reeds daar in Australië geword het.
Ek is 'n Boer, en trots daarop.
|
|
|
|
Re: Definisie van Boer en Boerin? [boodskap #13379 is 'n antwoord op boodskap #13354] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> b...@boer.wa.sa writes:
> Vrou wat hier in Ottawa drie oproepe
> na twee dogters in Pretoria en Noord-
> Transvaal maak (in die parfuumafdeling
> van 'n groot winkel) voordat sy kan
> besluit of sy nou geld gaan bespaar
> deur die parfuum hier of in SA moet koop.
> Die drie oproepe sou die besparing
> heeltemal kanselleer.
Ah! Jy't die storie aangesuiwer sedert jy dit die vorige keer vertel het,
nie waar nie. Was dit nie die vorige keer een oproep nie?
In Desember 1996 skryf jy:
> Ek raak ook so moeg vir al die mense wat kla oor
> hoe witmense hulle werk verloor. Ek kan nie dink dinge
> is te desperaat nie, as ek hoor hoe 'n familielid deur die
> maatskappy waarvoor sy werk, tussen Johannesburg en
> Durban gevlieg word om hulle boeke in stand te hou.
> (Miskien het sy die regte "skills"?) Of ek hoor hoe Suid-
> Afrikaners Rusland toe toer, of na die Verre Ooste (om
> perels te gaan koop). En as die Afrikaanse vroumense
> hier in Noord-Amerika kom kuier, dan koop hulle nog
> altyd die duur parfume vir hulle dogters in Suid-Afrika,
> nadat hulle nou eers, in die winkel, 'n oproep gemaak het
> na hulle dogter om uit te vind of hulle die parfuum nou
> moet koop of nie. Afrikaners is, sover ek kan agterkom,
> nie "in dire straits nie."
En in my antwoord het ek aangevoer dat die oproep miskien juis bedoel was om
te verhoed dat geld gemors word op 'n duur item.
Snaaks dat die storie nou verander het in presies net die regte opsigte om
daardie reaksie voor te spring, nie waar nie?
> Dis toe dat ek
> besef het die wittes van SA ly nog 'n
> lewe wat nie veel verskil van
> die luuksheid van die apartheidsjare
> nie. Hulle noem nou die "aia" die
> skropvrou, maar sy skrop nog.
Ken jy die "Mrs Harris" - boeke, Gloudina? Ek onthou nie die outeur nie.
Maar die hoofkarakter is 'n Londense skropvrou (om presies te wees, "char").
Sulke mense bestaan, hoe betreurenswaardig ookal. Of bestaan hulle nie in
Kanada nie?
En weet jy wat? Weekliks moet 'n halfdosyn mense van die deur weggewys word
wat net te dankbaar sal wees as hulle so 'n aanstelling kan kry.
Vriendelike groete, Leendert
(En Leendert,
> hierdie vrou was nie familie of 'n
> vriendin nie, alleen iemand wat 'n
> vriendin vergesel het. My eie familie
> is heelwat meer konserwatief wat hulle
> lewensstyl betref.)
>
> Gloudina
|
|
|
|
Re: Definisie van Boer en Boerin? [boodskap #13408 is 'n antwoord op boodskap #13354] |
Sat, 21 March 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
> @igs.net wrote in message ...
>> b...@boer.wa.sa writes:
>
>
>> Vrou wat hier in Ottawa drie oproepe
>> na twee dogters in Pretoria en Noord-
>> Transvaal maak (in die parfuumafdeling
>> van 'n groot winkel) voordat sy kan
>> besluit of sy nou geld gaan bespaar
>> deur die parfuum hier of in SA moet koop.
>> Die drie oproepe sou die besparing
>> heeltemal kanselleer.
>
> Ah! Jy't die storie aangesuiwer sedert jy dit die vorige keer vertel het,
> nie waar nie. Was dit nie die vorige keer een oproep nie?
>
> In Desember 1996 skryf jy:
Hier is die storie weer, Leendert.
Sy maak (by die parfuumtoonbank
van Eatons) 'n oproep na haar dogter
in Noord-Transvaal. Die oproep kom
nie deur nie. Sy bel na haar ander
dogter in Pretoria en vra of dit die
regte areakode is. Die dogter sê ja
(en hulle praat nog persoonlike dinge
vir 'n paar minute.) Sy bel, vir die
tweede keer, die dogter in NTvl. Dit
werk weer nie. Sy bel, vir die tweede
keer, die dogter in Pretoria en
vra haar om vir haar suster op die
plaas te skakel, sodat sy vir haar
ma hier in Kanada in Eatons kan bel,
en sy gee Eatons se telefoonnommer.
Teen hierdie tyd is ek baie kriewelrig
want my man en ons vriendin wag vir
ons op 'n ander plek, en ek kan nie
glo dat die oproep van Noord-Transvaal
werklik die toonbank sal bereik nie.
Sy weier egter om op te gee, en sowaar,
na omtrent vyf minute, kom die oproep
uit Noord-Transvaal. Hulle besluit dat
sy die parfuum moet koop, en praat
nog 'n ou hou af vir 'n ruk. So, daar
was drie oproepe, twee van haar na
Pretoria, een van die dogter uit die
Noorde. En alles in die tyd wanneer
oproepe maksimum moet betaal in Kanada.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Definisie van Boer en Boerin? [boodskap #13429 is 'n antwoord op boodskap #13354] |
Sun, 22 March 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>> @igs.net wrote in message ...
>>> b...@boer.wa.sa writes:
>>
>>
>>> Vrou wat hier in Ottawa drie oproepe
>>> na twee dogters in Pretoria en Noord-
>>> Transvaal maak (in die parfuumafdeling
>>> van 'n groot winkel) voordat sy kan
>>> besluit of sy nou geld gaan bespaar
>>> deur die parfuum hier of in SA moet koop.
>>> Die drie oproepe sou die besparing
>>> heeltemal kanselleer.
>>
>> Ah! Jy't die storie aangesuiwer sedert jy dit die vorige keer vertel het,
>> nie waar nie. Was dit nie die vorige keer een oproep nie?
>>
>> In Desember 1996 skryf jy:
>
> Hier is die storie weer, Leendert.
> Sy maak (by die parfuumtoonbank
> van Eatons) 'n oproep na haar dogter
> in Noord-Transvaal. Die oproep kom
> nie deur nie. Sy bel na haar ander
> dogter in Pretoria en vra of dit die
> regte areakode is. Die dogter sê ja
> (en hulle praat nog persoonlike dinge
> vir 'n paar minute.) Sy bel, vir die
> tweede keer, die dogter in NTvl. Dit
> werk weer nie. Sy bel, vir die tweede
> keer, die dogter in Pretoria en
> vra haar om vir haar suster op die
> plaas te skakel, sodat sy vir haar
> ma hier in Kanada in Eatons kan bel,
> en sy gee Eatons se telefoonnommer.
> Teen hierdie tyd is ek baie kriewelrig
> want my man en ons vriendin wag vir
> ons op 'n ander plek, en ek kan nie
> glo dat die oproep van Noord-Transvaal
> werklik die toonbank sal bereik nie.
> Sy weier egter om op te gee, en sowaar,
> na omtrent vyf minute, kom die oproep
> uit Noord-Transvaal. Hulle besluit dat
> sy die parfuum moet koop, en praat
> nog 'n ou hou af vir 'n ruk. So, daar
> was drie oproepe, twee van haar na
> Pretoria, een van die dogter uit die
> Noorde. En alles in die tyd wanneer
> oproepe maksimum moet betaal in Kanada.
>
> Gloudina
Lyk my die antie is baie slimmer as jy ou Gloutina. Sy maak verniet
oproepe huistoe, kry haar parfuum goedkoper en maak nog 'n aap van jou
en die winkel bestuur ook.
As sy die geld het om in Kanada te gaan kuier gaan dit duidelik baie
baie goed met haar finasie"le sake. Om nou te sê dat die 'AFRIKANER'
almal heel goed daar aan sit is sommer 'n spul nonsens. Maar dis hoe ons
jou leer ken het die afgelope tyd.
Cheers
Lou
|
|
|
|
|
Re: Definisie van Boer en Boerin? [boodskap #13449 is 'n antwoord op boodskap #13354] |
Mon, 23 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>
>>
>> En weet jy wat? Weekliks moet 'n halfdosyn mense van die deur weggewys word
>> wat net te dankbaar sal wees as hulle so 'n aanstelling kan kry.
>>
>> Vriendelike groete, Leendert
>
>
> Leendert, breek dit nie jou hart,
> dat jy lewe tussen mense wat so
> gedwing word om in ander se o"e
> te kyk. Ses in een week weggewys!
Ja. 'n Mens doen wat jy kan, maar jy kan elke jaar minder - en die getal wat
vra word elke jaar meer.
> En dis altyd die wittes wat die
> nie-wittes wegwys, niewaar?
Nee. En dit is elke jaar minder waar.
> Is
> jy nie skaam om in 'n ekonomiese
> sisteem te lewe waar jou donkerder
> mede-broers nog altyd met die hoed
> in die hand moet kom gunste vra nie.
Nee. Die skande is nie myne nie. Want ek het my nooit beywer of gebid vir
sanksies om die ekonomie op sy knieë te bring nie en ek het nie gestem vir
'n regering wie se beleid werkverskaffing laat krimp en werkverskaffers laat
emigreer nie.
Die skande lê elders - ondersoek jouself ook maar in hierdie verband.
> Nee! Daar is iets drasties verkeerd.
> Ons het 'n Derde Vryheidsoorlog
> nodig! Sal jy generaal in daardie
> oorlog word, Leendert? Ek is ernstig.
Nee, dankie! Ek vind dis baie lekkerder en makliker om die geveg op CNN te
kyk en die besluite van die generaals te kritiseer. Maar jy sal nie weet
nie, want dis al waarvan jy ervaring het.
Buitendien, jy sal geensins van my taktiek hou nie - dit kom nie uit Das
Kapital Vol I nie.
In elk geval kan geen oorlog mense werklik vry maak nie - veral nie as hul
gebondenheid in hul koppe sit nie.
In hierdie opsig is daar wel belangrike dinge om te doen maar ululasies van
vroue uit Kanada gaan niks daartoe bydra nie.
Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: Definisie van Boer en Boerin? [boodskap #13486 is 'n antwoord op boodskap #13354] |
Tue, 24 March 1998 00:00  |
Henri-John Kock
Boodskappe: 69 Geregistreer: April 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>>
>
> Ou Nico, die afkraker, beswadderaar
> wat voel hy moet regverdig dat hy
> SA verlaat het. Hou nou op met my
> te beswadder, asseblief.
>
> Gloudina
Gloudienks, jy bly in huisie van die fynste kristal, so moenie eers daaraan dink
om 'n klippie te gooi nie.
H-J
|
|
|
Re: Definisie van Boer en Boerin? [boodskap #13487 is 'n antwoord op boodskap #13354] |
Tue, 24 March 1998 00:00  |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek moet sê, my oom is 'n boer van Lictenburg se distrik, en ons kom baie
daar. Ons ken nou al 'n klomp mense daar in die omgewing. GEENEEN van
hulle lyk soos die mense wat jy hieronder beskryf nie, op geen enkele punt
nie. Miskien meng jy met verkeerde soort mense, die dat jy so 'n skewe
blik op die wêreld het...
Dries Venter
Pretoria
b...@boer.wa.sa wrote in article ...
> Boer:
> Iemand wat velskoene, geel rugbykouse dra met AWB kortmouhemp en
> kortbroek.
> Iemand wat dink Bakoorjakkelse vang skaap en aasvoels vang lammers.
> Iemand wat dink 'n hond eet pap en moet die heeldag vasgemaak word.
> 'n Jong man wat vrou soek deur saam met ander van dieselfde soort in 'n
> voertuig rondry en in die verbygaan op meisies skreeu en aanmerkings
> maak.
> Iemand met 'n moerse stuk grond wat heeldag sit en krieket kyk terwyl
> ongeveer 15 anderskleuriges boer.
> Iemand wat 'n melkboerdery het, maar nooit aan 'n koei vat nie.
> Boerin:
> Vrou wat in 'n moerse huis bly en heeldag voor die spieel sit terwyl
> anderskleuriges huiswerk doen.
> Vrou met 'n moerse tuin, maar die handjies word nooit vuil nie.
> Vrou wat op 'n paar duisend hektaar bly, maar nie die verskil tussen 'n
> bul en koei ken nie.
> Vrou met oorvloed in die wereld wat heeldag sit en moan oor die
> huishoudster wat haar suiker steel.
>
> Hou die blink kant bo
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 16:04:27 UTC 2025
|