Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Belegging
Belegging [boodskap #133496] Sa, 12 September 2020 18:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Belegging in die ekonomie is die proses waardeur besparing in geld tot besparing in goedere omgeskep word, m.a.w. die proses van kapitaalvorming. Teenoor hierdie gebruik van die woord in die reële of fisieke sin kry ons ook die finansiële betekenis, waarvolgens belegging sien op die oordrag van spaargeld aan 'n ander persoon, of finansiële instelling, fabriek, handelsaak ens., ten einde rente of dividende daarop te verdien. So kan geld belê word in 'n bank, Nasionale spaarsertifikate, bougenootskappe, aandele, staatseffekte e.d.m. In die finansiewese word daar tussen direkte en portefeulje-belegging onderskei. Eersgenoemde het betrekking op die soort belegging wat beheer meebring oor die onderneming, waarin die belegging plaasvind, terwyl laasgenoemde slegs geskied om inkomste in die vorm van rente en dividende te verdien.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Belasting
Volgende onderwerp: Titus, Danny
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:42:53 MGT 2024