Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorloop
oorloop [boodskap #133450] Do, 10 September 2020 14:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20196
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorloop
Afbreking: oor•loop
Samestelling: oor + loop


Werkwoord: loop oor, oorloop
Verlede tyd: het oorgeloop

Betekenis:
• Vloeistof tot bokant die rand vul.
• Van die een kant na die ander kant loop; kante wissel.

Gebruik:
• Draai die kraan toe voordat die emmer oorloop.
• Kyk eers links, dan regs en weer links voordat jy oorloop.

Spreekwoord:
• 'n Land wat oorloop van melk en heuning. [Waar alles volop is.]
• Die druppel wat die emmer laat oorloop. ['n Kleinigheidjie wat die gespanne gevoelens laat uitbars.]

Vertaling:
Engels: to overflow; to cross
Nederlands: overlopen


Selfstandige naamwoord: oorloop
Meervoud: oorlope

Betekenis:
• Pyp wat keer wat 'n houer oorloop.

Gebruik:
• Die geiser se oorloop is nie reg geïnstalleer nie.

Vertaling:
Engels: overflow
Nederlands: overloop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: relevant
Volgende onderwerp: uniek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 17 10:41:17 MGT 2024