| skeikunde [boodskap #133429] |
Wo., 09 September 2020 16:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26723 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
skeikunde
Afbreking: skei•kun•de
Selfstandige naamwoord: skeikunde
Meervoud: –
Betekenis:
• Die wetenskap wat die samestelling, eienskappe, struktuur en veranderinge van stowwe bestudeer.
Gebruik:
• Skeikunde kan in verskeie vertakkings onderverdeel word, waaronder organiese chemie, anorganiese chemie en biochemie.
Sinoniem:
• chemie
Hiponiem:
• bioskeikunde
• elektroskeikunde
• gistingskeikunde
• ingenieurskeikunde
• kristalskeikunde
• landbouskeikunde
• magnetoskeikunde
• nywerheidskeikunde
• voedselskeikunde
Afgelei:
• skeikundehandboek
• skeikundeklas
• skeikundeles
• skeikundeonderwyser
• skeikundig
• skeikundige
Afkorting:
• skeik.
Vertaling:
Engels: chemistry
Nederlands: scheikunde
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|