Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kieu
kieu [boodskap #133423] Wo., 09 September 2020 12:39
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24198
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Nommer 4 is die kieu.
Nommer 4 is die kieu.
kieu
Afbreking: kieu


Selfstandige naamwoord: kieu, kief
Meervoud: kieue, kiewe
Verkleinwoord: kieutjie
Meervoud van verkleining: kieutjies

Betekenis:
• Orgaan waarmee diere (soos visse) in water asemhaal.

Gebruik:
• Visse het gewoonlik inwendige kieue wat deur 'n kieudeksel beskerm word, teryl padavissies en salamanders uitwendige kieue het.

Wisselvorm:
• kief

Afgelei:
• kieuasemhaling
• kieuboog
• kieudeksel
• kieudekselvlies
• kieudraend
• kieuholte
• kieuopening
• kieuspleet
• kieuvlies

Vertaling:
Engels: gill, branchia
Nederlands: kieuw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kinkhoes
Volgende onderwerp: kief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 26 10:01:35 UTC 2025