Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Afrikaner in Australia:)
'n Afrikaner in Australia:) [boodskap #13086] |
Fri, 06 March 1998 00:00  |
ch...
Boodskappe: 18 Geregistreer: March 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Wat maak ek hier??? Net wat ek gemaak het in Afrika, sonder die
meulsteune om my nek en net om 'n baie ho"er standaard. Ek bring 'n
bietjie van my kultuur na die land, werk hard hier, dra by tot 'n
samelewing wat wil bou en wil vooruitgang.
Wat mis ek??? Niks nie:), die klimaat is dieselfde, die mense is plat
op die aarde en baie vriendelik, ons almal hou van dieselfde sport,
visvang en tuinmaak is die 2 mees popul^ere stokperdjies. Mis ek die
natuur?? Nee, dieselfde natuurtonele as in Afrika, sonder die AK47
agter elke tweede boom. Nee, ek mis nie die leeus nie, het as ek
gelukkig was het ek een 'n jaar in die wildtuin gesien. Ek kan dit nog
steeds een keer 'n jaar sien, enige plek in Afrika met die Aussie $:))
Mis ek Afrikaans??? Nee, ons is 'n hele klomp Suid-Afrikaners hier -
kuier oor en weer - maak biltong, koeksisters, melktert - ek kuier meer
as in Suid-Afrika en praat elke dag Afrikaans.
Vind ek dit moeilik om aan te pas???? Wat is aanpas, as jy in Afrika
kon aanpas, kan jy enige plek gevestig raak.
Is die Aussies rassisties - nie as jy dieselfde velkleur as hulle is
nie:)
Sal jy ooit teruggaan SA toe??? Waarvoor, die meeste SA's is al reeds
hier:)) As alles so dieselfde is, waarvoor wil ek teruggaan.
Wat dink jy van die mense wat sê jy het weggehardloop??? Die wereld
het 'n klein plekkie geword, 'n paar uur op 'n vliegtuig en jy land
enige ander plek. 'n Paar sekondes op die Net en jy is in kontak met
enige iemand enige plek. Die wereld is besig om tegnologies te 'link' -
nasies wat op dieselfde meedingende vlak is, het baie wat hulle kan deel
en uitruil, waarom moet jy op 'n kontinent sit waar daar min sukses is,
mense steeds glo aan kommunisme terwyl dit in die land van oorsprong
basies tot niet is, mense steeds nie snap wat bevolkingsbeperking is
nie, waar diktators steeds koning is, wat steeds hand uithou na die res
van die hardwerkende wereld terwyl hulle al die hulpbronne, arbeid,
vrugbare grond onder hulle voete het.
Ja ....... ek bly baie lekker hier dankie en as jy daar in Afrika wil
bly, sterkte, jy het dit nodig:)))
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Afrikaner in Australia:) [boodskap #13208 is 'n antwoord op boodskap #13086] |
Tue, 10 March 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 10 Mar 1998 16:48:50 +1000, ch...@irc.com.au wrote:
onnoselheid:))) Jy vergeet seker van die tegnologie reg voor jou - SA[/color]
> koerante en duisende ander statistiek is net 'n paar sekondes weg - net
> so is kontak met honderde SA's (mense soos jy probeer ek vermy:)) So
> terloops, daar is meer Afrikaners in ander dele van die wereld as in
> SA:))) Dalk moet jy jy oge begin oopmaak boetman en jou voorlaaier in
> die sloot gaan gooi:))>>>
Halo ou dikgesig :))
Jy is soos die ou omie wat met die koerant gesit het en gedink het hy
hoef nie te reis nie! :)) Hy was so stupid hy het gedink as hy
opsomming van opsommings van opsommings lees dan weet hy wat daagliks
aangaan in 'n gegewe plek. Dis vreeslik dom:)) Jy is net so :))
Jy dink ook statistiek is ten volle betroubaar:)) Darem dom he? :))
En dan dink jy ook as jy in in ander land sit en jy kry 'n bietjie
statistiek en praat met mense wat dieselfde vooroordele as jy het dan
kan jy vir mense wat in SA bly en werk vertel wat aangaan in hul eie
agterplase! Dis nou rerig stupid! :)) Ek dink jy moet eerder 'n
sielkundige gaan sien om te help aanpas in jou nuwe blyplek. Dan hoef
jy nie meer vir mense soos ek te beledig sodat jy beter kan voel oor
die feit dat jy weggehardllop het van demokrasie af nie! :)) Se jou
wat, beoefen jou rassisme in Australie eerder as oor 'n lang veilige
afstand in SA :))
Dink nou net oor stories wat ek gelees oor Australie. Weet jy, dit dui
op diep rassisme daar! :)) Nou, soos jy so tereg gewys het in jou
oulike klein boodskappie :)) kan 'n mens sommer mos 'n hele gemeenskap
ken van koerante en die nuusgroepe af!! :)) En deur met geselekteerde
mense daar te praat. So lyk my jy is in 'n lekker rassistiese plek!
:)) Seker die dat jy so gelukkig is daar :))
Jy is darem so dom, weet jy, ou grote!:)) En jy skryf sulke twak! :))
Mooi leer in jou nuwe land, ou grootman!
Maar onthou om te gaan tel hoeveel Afrikaners daar in SA was in die
vorige sensus en hoeveel daar nou is!!:)) Netnou se jy 'n stupid ding
soos dat die meeste van hulle elders bly!! :)) Dit sal darem dom wees,
ne? :))
Maar wat, ou Dikkie, dis maar jy wat praat! :))
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Afrikaner in Australia:) [boodskap #13298 is 'n antwoord op boodskap #13086] |
Sun, 15 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
| Wel my ou, het dit jou al gestrike al dat ons hier in SA sit?
|
| Dat ons die mense is waaroor al daai tydskrifte skryf?
|
Ja, en wat meer is, dis julle self, wat daar in SA is, wat die nuus op die
internet plaas vir ons om te lees en ons opinies oor SA te beinvloed. Jy
kan maar sê ons hoor dit so uit die perd se bek uit.
As ons aanvaar dat joernaliste tot 'n sekere mate verteenwoordigend is van
die bevolking, dan kan iemand wat redelik wyd lees, darem seker daarop
aanspraak maak dat hy tot 'n groot mate weet wat die mense in SA voel.
Hoe dit is om self daar te woon, dag tot dag, word egter 'n al meer vae
herinnering. Ek self onthou nie meer veel van die negatiewe aspekte van
lewe in SA nie - ek het nodig om die Beeld, Burger of Mail&Guardian te lees
om my net weer te herinner. Die goeie sy van lewe in SA is makliker om te
onthou, en gelukkig vind ons die selfde dinge hier in die VSA.
Waar in SA woon jy, Ferdi?
Nico
|
|
|
|
Re: 'n Afrikaner in Australia:) [boodskap #13311 is 'n antwoord op boodskap #13086] |
Mon, 16 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
dega wrote in article
...
| Moeilik om te glo Nico is ernstig. Moontlik ernstig maar dan dalk 'n effe
| ...... arrogant ?
|
Hoop nie so nie (arrogant, ek bedoel)! Maar Ferdi wou weet hoe ons in die
buiteland sit en durf opinie hê oor wat hy dink.
|
| ***** uit nog 'n perd se bek Nico : ons briefies op die internet het
| sekerlik nie slegs ten doel om oud-suid afrikaners so opinies te
beinvloed
| nie.
Nee, ek dink ook nie so nie - ek sou sê die doel daarvan is dieselfde as
van enige gesonde debatvoering. As dit tot gevolg het dat ek meer duidelik
die ander kant van die muntstuk raaksien, hou ek daarvan, al stem ek nie
noodwendig met die ander opvatting saam nie.
| >dan kan iemand wat redelik wyd lees, darem seker daarop
| >aanspraak maak dat hy tot 'n groot mate weet wat die mense in SA voel.
|
|
| ***** tog moonlik dat iemand wat in SA woon 'n selfs groter aanspraak
mag
| he ?
Uiteraard, ja - ek ontken dit glad nie. Dit was ook nie die punt onder
bespreking nie. Erder as om te wonder wie nou eintlik die beste weet wat
in SA aangaan, dink ek Ferdi wou weet op grond waarvan ek enigsinds 'n
opinie oor Sa kan uitspreek.
|
| > Ek self onthou nie meer veel van die negatiewe aspekte van
| >lewe in SA nie - ek het nodig om die Beeld, Burger of Mail&Guardian te
lees
| >om my net weer te herinner.
|
| ****** arme Nico .....
Hoef my glad nie jammer te kry nie - ek leef ongelooflik lekker! Maar my
ma bly nog in SA, en ek worry oor haar. Ek weet ek het die regte ding
gedoen. Dis heeltemal te lekker hier om daaroor te twyfel!
soos soveel ander in die vreemde so 'n behoefte aan
| slegte nuus uit SA. Net om hulself weer gerus te stel dat hul die regte
ding
| gedoen het.
Meeste ouens hier praat net met groot dankbaarheid oor die feit dat hulle
nie meer oor veiligheid hoef te worry nie, dat ons maar die kinders se
fietse buite kan laat lê en dat ons 'n baie hoër lewenstandaard hier kan
handhaaf. Dis net 'n paar bachelors wat die opsie hou om terug te gaan.
Maar as daar een ding is wat jy nie hier teekom nie, is dit oud-SAners wat
regverdiging probeer soek vir hulle trek nie. Dis eenvoudig te groot stap
om oor te twyfel as jy eers hier is - daardie twyfel gebeur voor jy uit SA
padgee.
| >Die goeie sy van lewe in SA is makliker om te
| >onthou, en gelukkig vind ons die selfde dinge hier in die VSA.
|
|
| ****** lucky you & terloops ...... ons vuurtjie brand al vir vanaand se
| karootjops op die kameeldoring kole
Ek beny jou - ons kan amper alles hier kry wat 'n mens in SA kon kry, maar
nie die geur van bosveld hout wat vleis braai nie. En natuurlik die reuk
en smaak van karroo vleis. Dit sal ek mis - en sal ek maar net sorg dat ek
genoeg daarvan kry met 'n besoek aan SA so elke twee jaar.
Groetnis
Nico
(Ons het darem boerewors en biltong van die heel beste!)
|
|
|
|
Re: 'n Afrikaner in Australia:) [boodskap #13319 is 'n antwoord op boodskap #13086] |
Tue, 17 March 1998 00:00   |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> Lou writes: > dega wrote:
>>> Nico wrote:
>>>
>>>> Ek self onthou nie meer veel van die negatiewe aspekte van
>>>> lewe in SA nie - ek het nodig om die Beeld, Burger of Mail&Guardian te lees
>>>> om my net weer te herinner.
>>>
>>> ****** arme Nico ..... soos soveel ander in die vreemde so 'n behoefte aan
>>> slegte nuus uit SA. Net om hulself weer gerus te stel dat hul die regte ding
>>> gedoen het.
>>>
>>
>> Raak gesê - miskien is daar een of ander verdwaalde siel wat 'n tesis
>> vir 'n M. of D. soek wat die hele ou storie kan ondersoek.
>>
>> Lou
>
> Dis alles goed en wel. Maar Lou,
> sover ek kan onthou was jy een
> van die ouens wat daar binne SA
> gesit en praat het van hoe sleg
> dit daar gaan. Wanneer hulle
> meeste van die dinge wat jy geskryf
> het gelees het, dan het hulle die
> lekker gevoel gekry dat hulle wel
> die regte ding gedoen het om SA te
> verlaat. So hoe het ek dit nou.
>
> Gloudina
Gloudina
Ek het gekla oor die misdaad syfer, oor die uitmoor van boere, oor die
oneffektiwiteit van die polisie, oor die WVK wat alles uit die oog van
die oorwinnaar sien en oor die korrupsie wat maar net aangaan en as 'n
burger van hierdie land het ek die reg daartoe. Ek was nog altyd ten
gunste van elkeen se reg om te waai of te bly maar as jy waai, dan moet
jy jou nuwe land aanneem. Maar as ek julle oorsese Afrikaners :) kan
laat goed voel omdat julle gewaai het, my plesier.
Maar hou op om vir my te preek oor hoe dinge nou eintlik hier gedoen
moet word, hoe skuldig ons wat hier is moet voel oor al die onregte van
die verlede terwyl die melk en heuning van die eerste wereldse lande van
julle vet kennetjies afdrup.
Lou
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:59:51 UTC 2025
|