Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » filter
filter [boodskap #133254] So., 30 Augustus 2020 08:36
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26311
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Oliefilter.
'n Oliefilter.
filter
Afbreking: fil•ter


Selfstandige naamwoord: filter
Meervoud: filters
Verkleinwoord: filtertjie
Meervoud van verkleining: filtertjies

Betekenis:
• 'n Toestel of materiaal wat onsuiwerhede of ongewenste deeltjies uit 'n stof verwyder.

Gebruik:
• Die wyn word deur 'n filter gegiet om die bitter afsaksels wat in die wyn vorm te verwyder.

Hiponiem:
• internetfilter
• lugfilter
• koffiefilter
• oliefilter
• sigaretfilter
• waterfilter

Verwant:
• filterpapier
• filtervoeder
• filtreer
• sif

Vertaling:
Engels: filter
Nederlands: filter


Werkwoord: filter
Verlede tyd: het gefilter
Verlede deelwoord: gefilterde

Betekenis:
• Om iets te filtreer.

Gebruik:
• Ons filter die water voordat ons dit drink.

Vertaling:
Engels: to filter
Nederlands: filteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gordel
Volgende onderwerp: leergierig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Aug. 30 08:12:09 UTC 2026