| skietlood [boodskap #133202] |
Do., 27 Augustus 2020 13:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Skietlood word gebruik.
skietlood
Afbreking: skiet•lood
Samestelling: skiet + lood
Uitspraak: /ˈskitluə̯t/
Selfstandige naamwoord: skietlood
Meervoud: skietlode
Verkleinwoord: skietloodjie
Meervoud van verkleining: skietloodjies
Betekenis:
• Kegelvormige loodgewig aan 'n tou wat die vertikale rigting aandui.
• Tou met 'n gewig om die diepte van water te bepaal.
Gebruik:
• Bouers gebruik 'n skietlood om te verseker dat mure presies loodreg ten opsigte van die grond is.
• Die matroos gooi sy skietlood oorboord.
Sinoniem:
• dieplood
• paslood
• werplood
Vertaling:
Engels: plummet bob, plumb; sounding-lead
Nederlands: schietlood
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|