Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beets, Nicolaas
Beets, Nicolaas [boodskap #132948] Wo, 19 Augustus 2020 15:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Nicolaas Beets, deur Thérèse Schwartze (1881).
Nicolaas Beets, deur Thérèse Schwartze (1881).
Nicolaas Beets (1814 - 1903) was 'n Nederlandse skrywer, digter, predikant en hoogleraar.

Beets promoveer in 1839 as doktor in die teologie te Leiden; was predikant tot hy in 1874 tot hoogleraar benoem is te Utrecht. Hy was die bekendste en mees geliefde Nederlandse digter van sy tyd. Aanvanklik sterk onder die invloed van die Engelse romantiek (Byron en Scott). Die tydperk word sy "swart periode" genoem. Sy roem dateer van 1839 toe hy onder die skuilnaam Hildebrandt sy bundel verhale en sketse Camera Obscura geskryf het. Dit is herhaaldelik aangevul tot in 1851 toe die werk ’n definitiewe vorm gekry het. Sedertdien het meer as 50 herdrukke verskyn, en daar kan tereg gesê word dat dit die grootste Nederlandse volksboek van die negentiende eeu is. Verder het Beets baie liriese gedigte, kritiese opstelle, teologiese geskrifte en preekbundels geskryf.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Beethoven, Ludwig van
Volgende onderwerp: Begroting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:46:15 MGT 2024