Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Beestehaal-kommando
Beestehaal-kommando [boodskap #132946] Wo, 19 Augustus 2020 13:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Beestehaal-kommando was 'n historiese Boerekomato wat getaak was om gesteelde beeste terug te kry.

Met die oog op hul groot veeverliese het die Natalse Volksraad aan A.W.J. Pretorius opdrag gegee om 40,000 stuks vee van Dingaan op te eis. Op 14 Januarie 1840 het 'n kommando van 350 man vergesel van 5,000 Zoeloes van Panda uitgetrek. Laasgenoemde het eerste met Dingaan se impi's slaags geraak en twee koninklike regimente uitgewis terwyl Dingaan oor die Pongola gevlug het. Tydens die veldtog is twee hoof-indoenas van Dingaan, Tamboesa en Kombazana, weens hul aandeel aan die moorde op die blankes in Natal gefusilleer en Panda op 10 Februarie 1840 tot koning van die Zoeloes verhef. Die Beestehaal-kommando het tussen 30,000 en 40,000 beeste teruggebring en Pretorius het uit naam van die Volksraad die gebied tussen die Tugela en die Swart-Umfolozi tot republikeinse gebied verklaar as vergoeding vir skade wat deur die Trekkers in Natal gely is.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beeskloutjie
Volgende onderwerp: Beethoven, Ludwig van
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:29:45 MGT 2024