Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Bedford
Bedford [boodskap #121132] Vr, 23 November 2018 17:12 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bedford is 'n dorp in Oos-Kaapland. Gestig deur die 1820-setlaars en vernoem na die Hertog van Bedford (die markies van Tavistock). Die hoofplein op die dorp is ter ere van hom Tavistock-plein gedoop. Dit is 'n vooraanstaande wolsentum. Daar is bebosde berge in die omgewing. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,200 (803 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Bedford [boodskap #132909 is 'n antwoord op boodskap #121132] Ma, 17 Augustus 2020 19:37 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bedford kan verwys na:

1. Stad in Engeland aan die Ouse; landbou-masjinerie, kant, ens. word daar gemaak. Bunyan het daar in die tronk ''The Pilgrim's
Progress'' geskryf.

2. Dorp in die Oos-Kaap aan die voet van die Kaga-berge, 60 myl van Grahamstad; genoem na die hertog van Bedford, ’n goeie vriend van sir Andries Stockenstrom wat in 1854 die land toegestaan het vir die aanleg van ’n nedersetting. Middelpunt van belangrike bees- en skaapboerderydistrik.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Beda
Volgende onderwerp: Bedoeïene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:43:45 MGT 2024