Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Becket, Thomas á
Becket, Thomas á [boodskap #132906] Ma, 17 Augustus 2020 19:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Thomas á Becket (1118 - 70), het op goeie voet verkeer met Hendrik II en is in 1162 tot Aartsbiskop van Kantelberg benoem. Destyds was daar twee soorte geregshowe in Engeland: burgerlik en kerklik. Die koning het ’n bevel uitgereik dat alle oortreders voor
die burgerlike hof verhoor word, maar Becket het hom teengestaan. Nadat Becket na Rome was om die Pous te raadpleeg, het hy teruggekeer en sy geskil met die Koning besleg. Maar in Des. 1170 het Hendrik II aan vier ridders te kenne gegee dat hy graag van so ’n lastige
aartsbiskop ontslae wou wees, en die ridders is onmiddellik na Kantelberg, waar hulle Becket in sy katedraal vermoor het. In 1173 is hy tot heilige verklaar. Die gebeurde is deur T. S. Eliot verwerk in sy drama Murder in the Cathedral.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Becher, Johannes Robert
Volgende onderwerp: Becquerel, Antoine Henri
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:07:47 MGT 2024