Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ruimtetuig
ruimtetuig [boodskap #132744] Sa., 15 Augustus 2020 07:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Russiese Sojoez-ruimtetuig.
'n Russiese Sojoez-ruimtetuig.
ruimtetuig
Afbreking: ruim•te•tuig
Samestelling: ruimte + tuig


Selfstandige naamwoord: ruimtetuig
Meervoud: ruimtetuie
Verkleinwoord: ruimtetuigie
Meervoud van verkleining: ruimtetuigies

Betekenis:
• Voertuig wat ontwerp is om deur die ruim te reis.

Gebruik:
• 'n Bemande ruimtetuig moet voorsiening maak vir suurstof, voedsel, die beheer van temperatuur, ens.

Sinoniem:
• ruimteskip
• ruimtevaartuig

Vertaling:
Engels: spacecraft, spaceship, space-vessel
Nederlands: ruimtetuig, ruimteschip

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grammatika
Volgende onderwerp: ruk-en-rol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 28 11:15:21 UTC 2025