Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vloed
vloed [boodskap #132678] Wo., 12 Augustus 2020 07:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26586
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vloed
Afbreking: vloed


Selfstandige naamwoord: vloed
Meervoud: vloede
Verkleinwoord: vloedjie
Meervoud van verkleining: vloedjies

Betekenis:
• 'n Oorstroming van vinnig vloeiende water.
• Hoogste vlak wat die gety bereik; hoogwater, hooggety of springty.
• (figuurlik) 'n Groot klomp of hoeveelheid.

Gebruik:
• Ná die stortreën het 'n ambulans in die vloed weggespoel.
• Die verandering van eb tot vloed laat die seespieël met etlike meter sak of styg.
• Verbruikers word met 'n vloed van valse nuus en inligting gekonfronteer.

Hiponiem:
• oorvloed
• sondvloed
• stortvloed
• tranevloed
• watervloed

Afgelei:
• vloedgety
• vloedgolf
• vloedlyn
• vloedramp
• vloedvlakte
• vloedwater

Vertaling:
Engels: flood; high tide, flood-tide
Nederlands: vloed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: logaritme
Volgende onderwerp: proes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Sep. 23 09:39:57 UTC 2026