Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » werp
werp [boodskap #132630] Ma., 10 Augustus 2020 10:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24168
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werp
Afbreking: werp


Werkwoord: werp
Verlede tyd: het gewerp
Teenwoordige deelwoord: werpend
Verlede deelwoord: geworpe

Betekenis:
• Om iets met 'n kragtige swaai van die arm uit die hand te gooi.
• Om geboorte te skenk; ter wêreld bring; baar (van diere gesê).

Gebruik:
• Die doelwagter tel die bal op en werp dit na die ander kant van die veld.
• Die kat het 2 kleintjies gewerp.

Spreekwoord:
• Hy werp lig op die saak. [Iets bydra om die saak te verduidelik.]
Werp jou brood op die waters. [Doen goed sonder om beloning te verwag.]

Sinoniem:
• gooi
• slinger
• smyt

Hiponiem:
• neerwerp
• uitwerp
• wegwerp

Afgelei:
• werpafstand
• werpanker
• werper
• werphoogte
• werphout
• werplyn
• werpnet
• werpsel
• werpskyf
• werpspies
• werptou
• worp

Vertaling:
Engels: to throw, cast, hurl
Nederlands: werpen
Xhosa: binza

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vilt
Volgende onderwerp: aflas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 23 07:35:49 UTC 2025