Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » morfologie
morfologie [boodskap #132588] Sa., 08 Augustus 2020 08:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26948
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
morfologie
Afbreking: mor•fo•lo•gie


Selfstandige naamwoord: morfologie
Meervoud: morfologieë

Betekenis:
• (geologie) Wetenskap wat die vorm van landskappe en die prosesse wat dit vorm bestudeer.
• (biologie) Wetenskap wat die uitwendige bou van organismes, organe en weefsels bestudeer.
• (chemie) Die vorms, strukture en teksture van materiale op 'n skaal groter as die molekulêre skaal.
• (taalkunde) Die wetenskap wat die vorming van woorde bestudeer.

Gebruik:
• Die geoloog is verstom oor die berge se unieke morfologie.
• Die bioloog klassifiseer plante volgens hulle morfologie.
• Die morfologie van polimere en hul mengsels kan met 'n elektronmikroskoop bestudeer word.
• Die taalkundige verduidelik dat morfologie te doen het met die kleiner betekenisdraende eenhede waaruit woorde saamgestel is.

Sinoniem:
• gedaanteleer
• vormkunde
• vormleer

Hiponiem:
• geomorfologie

Afgelei:
• morfologies
• morfoloog

Vertaling:
Engels: morphology
Nederlands: morfologie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nekrologie
Volgende onderwerp: molaliteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 26 16:45:55 UTC 2026