| kraam [boodskap #132544] |
Di., 04 Augustus 2020 20:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24210 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kraam
Afbreking: kraam
Werkwoord: kraam
Verlede tyd: het gekraam
Betekenis:
• Om aan 'n kind geboorte te skenk; 'n baba in die wêreld bring.
Gebruik:
• Die vrou moes alleen in 'n stikdonker toilet kraam.
• Sy het al twaalf keer gekraam.
Sinoniem:
• baar
• beval
• voortbring
Afgelei:
• kraamafdeling
• kraambed
• kraamdrag
• kraamkoste
• kraampyn
• kraamrok
• kraamsaal
• kraamsorg
• kraamtyd
• kraamverlof
• kraamvoordele
• miskraam
• uitkraam
Vertaling:
Engels: to labor, give birth
Nederlands: kramen
Selfstandige naamwoord: kraam
Meervoud: krame
Verkleinwoord: kraampie
Meervoud van verkleining: kraampies
Betekenis:
• 'n Stalletjie of verkoopstent.
Gebruik:
• Ons gaan Saterdag 'n kraam op die Boeremark beman.
Spreekwoord:
• Dit pas so in my kraam. [Iets is presies soos iemand dit wil hê.]
Hiponiem:
• kermiskraam
• koffiekraam
Vertaling:
Engels: booth, stall, shed, stand
Nederlands: kraam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|