Betekenis:
• Die leesteken ":", bestaande uit twee punte bo-op mekaar, wat gebruik word om 'n opsomming, verduideliking, lys of aanhaling in te lei.
Gebruik:
• Wanneer 'n dubbelpunt in 'n sin gebruik word, is daar geen spasie vóór die dubbelpunt nie, maar wel 'n spasie daarna.
• Volsinne wat op dubbelpunte volg, begin met 'n hoofletter, maar 'n woord of frase wat daarop volg, begin met 'n kleinletter.
Vertaling:
Engels: colon
Nederlands: dubbelepunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.