Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Mampoer stook gids
Mampoer stook gids [boodskap #113839] Di, 17 April 2007 17:30 na volgende boodskap
Dirk  is tans af-lyn  Dirk
Boodskappe: 3
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek is opsoek na die basiese riglyne om mampoer te stook. Kan iemand
miskien my inlig? Dankie
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113840 is 'n antwoord op boodskap #113839] Di, 17 April 2007 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On 17 Apr 2007 10:30:40 -0700, Dirk wrote:

> Ek is opsoek na die basiese riglyne om mampoer te stook. Kan iemand
> miskien my inlig? Dankie

basies het jy gesê - basies, baie basies, kry jy dit.
"n stookketel waarin jy die vrugte stook, met 'n deksel, en 'n tuit.
'n Gasstoof daaronder.
'n Waterdigte veiligheidsisteem wat sal voorkom dat jy jou huis aan
die brand steek.

Myne was gemaak van 'n groot roomkan. Die tuit moet altyd oop wees
natuurlik om drukking te kan laat ontsnap.

Vrugte word in redelike groot hompe gesny en in die kan gegooi. Wees
maar redelik rojaal met suiker daaroor en laat dit gis.
O ja, en suurdeeg.
Maak dit dig toe om dit teen goggas te beskerm.
Na 'n paar dae se gisting proses kan jy dit stook. Sorg dat daar
altyd toesig gehou word oor die gasvuur, wat natuurlik slegs brand
wanneer jy besig is met die stookproses.

Houer met etiket gemerk "Witblits' onder die tuit wanneer dit begin
drup.
Epos adres van fynproewer (die kan ek voorsien).
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113845 is 'n antwoord op boodskap #113840] Wo, 18 April 2007 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dave wrote:

> 'n Gasstoof daaronder.
> 'n Waterdigte veiligheidsisteem wat sal voorkom dat jy jou huis aan
> die brand steek.
>
Sal 'n 'hot-plate' aanbeveel. Die etanol is vlugtig en vlambaar, tensy
jou tuit lank genoeg is om die produk van die hitte af weg te lei. Dis
in elk geval aan te bevole (!) om 'n lang, verkoelde tuit te hê (soos
die harem die sjeik versoek het), dan is daar meer effektiewe
kondensasie en 'n beter opbrengs.
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113849 is 'n antwoord op boodskap #113845] Wo, 18 April 2007 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Koot scheme toe:
> Sal 'n 'hot-plate' aanbeveel.

Dis nou 'n hot tip (warm wenk klink maar louerig)
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113915 is 'n antwoord op boodskap #113845] Do, 26 April 2007 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot skryf

Die etanol is vlugtig en vlambaar

My dierbaarheid. Nou eers lui die klokkie
in my kop. So enige plantaardige materiaal
as jy hom stook, gee etanol af? Nie net
mielies nie ( of corn soos hulle dit hier in
Noord-Amerika noem.)

Gloudina
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113916 is 'n antwoord op boodskap #113845] Do, 26 April 2007 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot skryf:
> Dis in elk geval aan te bevole (!) om 'n lang, verkoelde tuit te hê (soos
> die harem die sjeik versoek het

Koot, dit lyk vir my jy het seks op die
brein. As ek nou nie geweet het dat
jy nou in die herfs daar is nie, sou ek
gedink het dis lente daar by julle.

Hier by ons was die lente laat.
Maar die gras word darem nou al groen,
en ons het gister die eerste half-wilde
daffodils langs die River Parkway gesien.
So amper die hele lente lê nog voor.
Ek hoop daar sal genoeg tulpe oop
wees oor so 'n week of twee, wanneer
die Tulip Festival gehou word.

Gloudina
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113954 is 'n antwoord op boodskap #113915] Wo, 02 Mei 2007 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
> Koot skryf
>
> Die etanol is vlugtig en vlambaar
>
> My dierbaarheid. Nou eers lui die klokkie
> in my kop. So enige plantaardige materiaal
> as jy hom stook, gee etanol af?

Dit moes darem eers gegis het, om die etanol te laat vorm. Maar ja, as
daar suikers in is, sal die gisproses etanol laat vorm. Ek het die
proses bietjie aangehelp deur ekstra suiker by te voeg in die begin.

Hier in die Baai gooi hulle batterye en skoene ook in. Seker vir die
smaak.
Re: Mampoer stook gids [boodskap #113955 is 'n antwoord op boodskap #113916] Wo, 02 Mei 2007 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:
> Koot skryf
>
>> Dis in elk geval aan te bevole (!) om 'n lang, verkoelde tuit te hê (soos
>> die harem die sjeik versoek het
>
> Koot, dit lyk vir my jy het seks op die
> brein.

Hoekom klink dit so bekend? Seker eggos van die veertig of so meisies
wat ek by probeer aanlê het in my jeug...
Re: Mampoer stook gids [boodskap #129662 is 'n antwoord op boodskap #113839] Do, 06 Februarie 2020 09:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan[19]  is tans af-lyn  jan[19]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2020
Karma: 0
Junior Lid
On Tuesday, 17 April 2007 19:30:40 UTC+2, Dirk wrote:
> Ek is opsoek na die basiese riglyne om mampoer te stook. Kan iemand
> miskien my inlig? Dankie

Hi Dave, as 'n mens maroelas wil stook by die huis, kan 'n mens 'n stoompot op die gasstoof gebruik? Moet die vrugte reeds afgeskil wees? Wat sal jy sê is die resep? Moet daar suiker bygevoeg word tydens die kookproses. My Oom het altyd die vrugte eers laat gis vooraf in 'n asblikdrom. Is dit reg? Kook en koel die stoom af deur 'n bv gaspyp op die stoompot se deksel deur 'n ysbad en vang op in 'n bottel? Help bietjie asb.

Groete
Jan Steenkamp
Nelspruit
083 6000 554
Re: Mampoer stook gids [boodskap #132462 is 'n antwoord op boodskap #129662] Vr, 31 Julie 2020 07:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Maries  is tans af-lyn  Maries
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2020
Karma: 0
Junior Lid
More, my man wil graag begin om mampoer te stook. Hy het 'n drukpot en koperpyp gekry. Wat is die regte hoeveelheid suiker, vrugte en gis. Asb sal hulp waardeer.
Re: Mampoer stook gids [boodskap #132467 is 'n antwoord op boodskap #132462] Vr, 31 Julie 2020 13:29 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Bestanddele:
* 1 kg suiker
* 1kg gesnyde vrugte (pynappel werk goed)
* 4 l water
* 'n Knypie gis

Fermenteer vir 1 tot 2 weke.
Die mengsel word dan in die stoker gegooi om die witblits by lae hitte (+- 70°C) daaruit te onttrek.

Laat ons weet hoe dit gaan.
Vorige onderwerp: Pynappel-bier Resep?
Volgende onderwerp: Kos- en kookterme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:07:58 MGT 2024