| Mampoer stook gids [boodskap #113839] |
Di., 17 April 2007 17:30  |
Dirk
Boodskappe: 3 Geregistreer: Julie 2000
|
Junior Lid |
|
|
Ek is opsoek na die basiese riglyne om mampoer te stook. Kan iemand
miskien my inlig? Dankie
|
|
|
|
| Re: Mampoer stook gids [boodskap #113840 is 'n antwoord op boodskap #113839] |
Di., 17 April 2007 20:20   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On 17 Apr 2007 10:30:40 -0700, Dirk wrote:
> Ek is opsoek na die basiese riglyne om mampoer te stook. Kan iemand
> miskien my inlig? Dankie
basies het jy gesê - basies, baie basies, kry jy dit.
"n stookketel waarin jy die vrugte stook, met 'n deksel, en 'n tuit.
'n Gasstoof daaronder.
'n Waterdigte veiligheidsisteem wat sal voorkom dat jy jou huis aan
die brand steek.
Myne was gemaak van 'n groot roomkan. Die tuit moet altyd oop wees
natuurlik om drukking te kan laat ontsnap.
Vrugte word in redelike groot hompe gesny en in die kan gegooi. Wees
maar redelik rojaal met suiker daaroor en laat dit gis.
O ja, en suurdeeg.
Maak dit dig toe om dit teen goggas te beskerm.
Na 'n paar dae se gisting proses kan jy dit stook. Sorg dat daar
altyd toesig gehou word oor die gasvuur, wat natuurlik slegs brand
wanneer jy besig is met die stookproses.
Houer met etiket gemerk "Witblits' onder die tuit wanneer dit begin
drup.
Epos adres van fynproewer (die kan ek voorsien).
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Mampoer stook gids [boodskap #132467 is 'n antwoord op boodskap #132462] |
Vr., 31 Julie 2020 13:29  |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 553 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Bestanddele:
* 1 kg suiker
* 1kg gesnyde vrugte (pynappel werk goed)
* 4 l water
* 'n Knypie gis
Fermenteer vir 1 tot 2 weke.
Die mengsel word dan in die stoker gegooi om die witblits by lae hitte (+- 70°C) daaruit te onttrek.
Laat ons weet hoe dit gaan.
|
|
|
|