| verwaarloos [boodskap #132455] |
Do., 30 Julie 2020 18:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwaarloos
Afbreking: ver•waar•loos
Uitspraak: /fərˈvɑːr.lʊə̯s/
Werkwoord: verwaarloos
Verlede tyd: het verwaarloos
Betekenis:
• Om nie mooi na iets of iemand te kyk nie; nie na behore na iets omsien nie.
Gebruik:
• Hy verwaarloos sy troeteldiere.
Afgelei:
• verwaarloosbaar
• verwaarlosing
Vertaling:
Engels: to neglect
Nederlands: verwaarlozen
Byvoeglike naamwoord: verwaarloos
Attributief: verwaarloosde
Betekenis:
• Wat nie goed versorg is nie.
Gebruik:
• Die hondjie lyk verwaarloos.
Sinoniem:
• afgeskeep
• desolaat
• geïgnoreer
• haweloos
• onversorg
• verontagsaam
• verslons
• verwese
• verwilderd
Vertaling:
Engels: neglected
Nederlands: verwaarloosd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|