Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kruistog
kruistog [boodskap #132420] Ma, 27 Julie 2020 20:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kruistog
Afbreking: kruis•tog
Samestelling: kruis + tog
Uitspraak: /ˈkrœʏ̯stox/


Selfstandige naamwoord: kruistog
Meervoud: kruistogte
Verkleinwoord: kruistoggie
Meervoud van verkleining: kruistoggies

Betekenis:
• Een van 'n aantal gewapende veldtogte deur Christene teen andersgelowiges wat in die Middeleeue plaasgevind het.
• (figuurlik) 'n Goeie saak waarvoor daar geveg word.

Gebruik:
• Baie beskou die kruistogte as onsuksesvol, maar daarsonder sou Europa waarskynlik in die hande van Islam geval het en die VSA en Suid-Afrika sou nooit bestaan het nie.

Sinoniem:
• kruisvaart

Vertaling:
Engels: crusade, Christian holy war; a quest, sacred cause
Nederlands: kruistocht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: poep
Volgende onderwerp: boffin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 21:18:11 MGT 2024