Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kriewel
kriewel [boodskap #132416] Ma, 27 Julie 2020 16:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19422
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kriewel
Afbreking: krie•wel


Werkwoord: kriewel
Verlede tyd: het gekriewel

Betekenis:
• Rusteloos en woelig wees; rooimiere hê.
• Liggies jeuk.

Gebruik:
• Sit stil en hou op kriewel.
• Die verkoue veroorsaak 'n kriewel in my keel.

Wisselvorm:
• kriebel

Sinoniem:
• woel
• wemel
• wriemel

Afgelei:
• krieweling
• kriewelhoesie
• kriewelkop
• kriewelkous
• kriewelrig
• kriewelsiekte

Vertaling:
Engels: to fidget; to tickle, itch
Nederlands: kriebelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: saakmakend
Volgende onderwerp: grimering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 02:54:42 MGT 2024