| kiestand [boodskap #132215] |
Sa., 18 Julie 2020 08:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25783 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kiestand wat nog nie ten volle gevorm is nie.
kiestand
Afbreking: kies•tand
Samestelling: kies + tand
Selfstandige naamwoord: kiestand
Meervoud: kiestande
Verkleinwoord: kiestandjie
Meervoud van verkleining: kiestandjies
Betekenis:
• 'n Groot, plat tand agter in die mond wat gebruik word om kos te kou en fyn te maal.
Gebruik:
• Die eerste en tweede permanente kiestande kry maklik tandbederf omdat hulle oppervlaktes ongelyk is en kos maklik daarin vassit.
Vertaling:
Engels: molartooth, molar
Nederlands: kies
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|