Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kapitaal
kapitaal [boodskap #132212] Vr., 17 Julie 2020 16:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26236
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kapitaal
Afbreking: ka•pi•taal


Selfstandige naamwoord: kapitaal
Meervoud: kapitale
Verkleinwoord: kapitaaltjie
Meervoud van verkleining: kapitaaltjies

Betekenis:
• 'n Groot som geld; bedrag wat iemand besit en waarop rente verdien word.
• 'n Bedrag geld wat vir 'n onderneming of saak benodig word.
• Nie-geldelike bates soos menslike of kulturele kapitaal.

Gebruik:
• Die private besit van kapitaal beïnvloed die toewysing van hulpbronne in 'n vryemarkekonomie.
• Hoeveel kapitaal is nodig om die fabriek te bou?
• As 'n mens dink dit is duur om jou kulturele kapitaal te versorg, probeer dan kulturele droogte.

Sinoniem:
• geldmiddele
• rykdom

Antoniem:
• skuld

Hiponiem:
• kultuurkapitaal
• langtermynkapitaal
• risikokapitaal

Afgelei:
• kapitaalaanwas
• kapitaalarm
• kapitaalbate
• kapitaalbedrag
• kapitaalbehoefte
• kapitaalbelasting
• kapitaalbelegging
• kapitaalgebrek
• kapitaalgroei
• kapitaalinset
• kapitaalwins

Vertaling:
Engels: capital; fortune
Nederlands: kapitaal


Byvoeglike naamwoord: kapitaal
Attributief: kapitale

Betekenis:
• Wat met geld en besittings verband hou.

Gebruik:
• 'n Aansienlike kapitale uitleg word benodig om die besigheid uit te brei.

Vertaling:
Engels: capital
Nederlands: kapitaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kalander
Volgende onderwerp: paneelkissie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Aug. 23 21:17:26 UTC 2026