| indiwidu [boodskap #132210] |
Vr., 17 Julie 2020 13:35 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26925 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
indiwidu
Afbreking: in•di•wi•du
Selfstandige naamwoord: indiwidu
Meervoud: indiwidue, indiwidu's
Verkleinwoord: indiwidu'tjie
Meervoud van verkleining: indiwidu'tjies
Betekenis:
• 'n Enkele lid van 'n groep mense, diere of dinge.
• 'n Enkele persoon in die besonder; enkeling of buitestander.
Gebruik:
• Anakondas is die wêreld se swaarste slange, met aangetekende indiwidue van meer as 200 kg.
• Individue het die reg om hul eie lewenskeuses te maak.
Wisselvorm:
• individu
Afgelei:
• indiwidualis
• indiwidualisties
• indiwidualiteit
• indiwidueel
Vertaling:
Engels: individual
Nederlands: individu
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|