Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sinkgat
sinkgat [boodskap #132185] Do., 16 Julie 2020 09:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26840
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Sinkgat.
'n Sinkgat.
sinkgat
Afbreking: sink•gat
Samestelling: sink + gat


Selfstandige naamwoord: sinkgat
Meervoud: sinkgate
Verkleinwoord: sinkgaatjie
Meervoud van verkleining: sinkgaatjies

Betekenis:
• 'n Gat in die grond wat deur water in oplosbare gesteentes gevorm is en waardeur oppervlakwater na ondergrondse reservoirs gevoer word.

Gebruik:
• Die verkeer is ontwrig nadat 'n groot sinkgat weens die swaar reën in die pad ontstaan het.
• Sinkgate is 'n algemene verskynsel in dolomiet en word deur lekkende pype en swak stormwaterbestuur aangehelp.

Vertaling:
Engels: sinkhole
Nederlands: zinkgat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kilojoule
Volgende onderwerp: soektog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Okt. 16 02:29:42 UTC 2026