| uitgooi [boodskap #132137] |
So., 12 Julie 2020 20:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24233 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitgooi
Afbreking: uit•gooi
Samestelling: uit + gooi
Werkwoord: gooi uit, uitgooi
Verlede tyd: het uitgegooi
Betekenis:
• 'n Houer se inhoud vinnig dreineer of uitwerp.
• Iets van jou af gooi.
Gebruik:
• Jy moet die vrot melk uitgooi.
• Die visserman gooi sy nette uit.
Spreekwoord:
• Die kind/baba met die badwater uitgooi. [Die goeie saam met die slegte verwerp.]
• 'n Spiering uitgooi om 'n kabeljou te vang. ['n Kleinigheid waag om groot voordeel te trek.]
Sinoniem:
• uitsmyt
• uitwerp
Antoniem:
• ingooi
Vertaling:
Engels: to throw out, empty
Nederlands: uitgooien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|