| lugskip [boodskap #132107] |
So., 12 Julie 2020 07:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Lugskip.
lugskip
Afbreking: lug•skip
Samestelling: lug + skip
Selfstandige naamwoord: lugskip
Meervoud: lugskepe
Verkleinwoord: lugskippie
Meervoud van verkleining: lugskippies
Betekenis:
• Voertuig met 'n omslote raamwerk, gevul met 'n gas van laer digtheid as die atmosfeer, wat die tuig in die atmosfeer laat dryf.
Gebruik:
• Toegerus met motore kan die lugskip gestuur word en kan dit relatief stadig, maar met min energie oor groot afstande beweeg.
Sinoniem:
• lugtuig
• zeppelin
Verwant:
• balonskip
Vertaling:
Engels: air ship; dirigible
Nederlands: luchtschip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|