Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » korhaan
korhaan [boodskap #132101] Sa., 11 Julie 2020 19:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26039
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Skets van 'n korhaan.
Skets van 'n korhaan.
korhaan
Afbreking: kor•haan


Selfstandige naamwoord: korhaan
Meervoud: korhane
Verkleinwoord: korhaantjie
Meervoud van verkleining: korhaantjies

Betekenis:
• 'n Groot, eetbare grondvoël met 'n plat kop en drie tone per poot wat goed gekamoefleer is, familie Otididae.

Gebruik:
• Die korhaan is 'n omnivoor wat hoofsaaklik in droë, oop gebiede voorkom.
Korhane maak 'n skor geluid en bou hul neste op die grond.

Hiponiem:
• bloukorhaan
• boskorhaan
• langbeenkorhaan
• swartvlerkkorhaan
• vaalkorhaan
• witvlerkkorhaan
• witpenskorhaan
• woestynkorhaan

Vertaling:
Engels: korhaan, woodcock, bustard
Nederlands: korhaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grafiet
Volgende onderwerp: sending
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Aug. 07 19:28:37 UTC 2026