Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kosmos
kosmos [boodskap #132007] Ma., 06 Julie 2020 15:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26297
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Kosmos in die veld.
Kosmos in die veld.
'n Deel van die heelal, of kosmos.
'n Deel van die heelal, of kosmos.
kosmos
Afbreking: kos•mos


Selfstandige naamwoord: kosmos
Meervoud: kosmosse
Verkleinwoord: kosmossie
Meervoud van verkleining: kosmossies

Betekenis:
• (sterrekunde) Die heelal as geheel, wat die sterre en planete insluit (geen meervoud).
• (plantkunde) 'n Sierplant wat op plekke in Suid-Afrika wild groei, Cosmos bipinnatus.

Gebruik:
• Sterrekundiges bestudeer die oorsprong en ontwikkeling van die kosmos.
• Ons het plate pienk en wit kosmosse langs die pad gesien.

Sinoniem:
• heelal
• skepping
• universum

Afgelei:
• kosmies
• kosmologie
• kosmoloog

Vertaling:
Engels: universe, cosmos; cosmos
Nederlands: heelal, universum; cosmea

Nota:
• Van Grieks: κόσμος (kósmos), "wêreld" of "geordende geheel".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: modder
Volgende onderwerp: kroket
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Aug. 28 17:14:04 UTC 2026