Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die hekke van die Paradys
Die hekke van die Paradys [boodskap #12970] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
En ek vra jou mos, ek vra jou mos
Ek vra jou mos so nice
Hoekom blaf die honne
By die hekke van paradise

David Kramer
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #12971 is 'n antwoord op boodskap #12970] Sa, 28 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
no...  is tans af-lyn  no...
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 28 Feb 1998 15:42:08 GMT, wrote:

> En ek vra jou mos, ek vra jou mos
> Ek vra jou mos so nice
> Hoekom blaf die honne
> By die hekke van paradise
>
> David Kramer

Ek is nie seker van my saak nie, maar ek onthou iets dat Kramer een
keer gesê het dat bg. woorde van die beste is wat hy al geskryf het.
Op daardie stadium was ek redelik verward gewees, want ek kon nie mooi
die kloutjie by die oor kry nie - hoekom is hierdie woorde so
spesiaal?

Ek weet dat daar 'n skool is wat glo dat gedigte (en ander kunswerke)
nie verduidelik moet word nie - die persoon wat die kunswerk ervaar
moet dit beoordeel op eie ondervinding.

Nogtans sal ek dit waardeer as daar iemand is wat aan hierdie filistyn
sal verduidelik hoekom bg. so spesiaal is. (Ek hou o.a. van Raka, so
ek is waarskynlik nie totaal onsimpatiek oor poe"tiese
verbeeldingsvlugte nie).

Groete
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #12986 is 'n antwoord op boodskap #12970] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
no...@nowhere.com (Jack) writes:

> Ek is nie seker van my saak nie, maar ek onthou iets dat Kramer een
> keer gesê het dat bg. woorde van die beste is wat hy al geskryf het.
> Op daardie stadium was ek redelik verward gewees, want ek kon nie mooi
> die kloutjie by die oor kry nie - hoekom is hierdie woorde so
> spesiaal?
>

> Nogtans sal ek dit waardeer as daar iemand is wat aan hierdie filistyn
> sal verduidelik hoekom bg. so spesiaal is.

> Groete

Hier is die res van die woorde van die lied. Dis
in Engels, en nie eers baie goeie letterkunde nie.
Ek dink die slaankrag van die lied is in die manier
waarop Kramer 'n hele tydperk, 'n hele sosiale
sfeer (die middel van die apartheidsjare) opsom
en, goeie sosiale kommentator wat hy was (en
meer nog, gewete van die man in die straat) hoe
hy aandui dat daar iets verkeerd is, dat êrens daar
iets verrots is. Die lied is al in 1982 uitgegee. Dit
laat my altyd wonder hoe sommige ouens op hierdie
nuusgroep kan pleit dat hulle nie geweet het wat
gaan aan nie.

HEKKE VAN PARADISE

I'm driving through this face-brick town
My radio's up, but the window's down
I'm listening to the late Jim Reeves
In my nylon jersey with the raglan sleeves

This town, this town
is like a two cent piece
it's got a coat-of-arms
it's got a wildebeest
like a clean white shirt
with gold cuff links
it looks quite clean
but the armpits stink

en ek vra jou mos, ek vra jou mos
en ek vra jou mos so nice,
hoekom blaf die honde
by die hekke van paradise

I got a twin-carb v8
in this jammie that I drive
you can take me for a dice
but you won't survive
I need new tyres
and I need new shocks
I need to phone my bokkie
gonna phone her from a tickey-box
ja she's got the cutest little pair of legs
she shaves them clean
till they look like ostrich eggs
and at night at night
she takes her teddy bear to bed
but I wonder why
she paints her toe nails red.

Ja this is where I spent my teens
just a dirty little town
that the council cleans
it's got orange lights that prick the dark
and the streets are wide
there's always room to park

en ek vra jou mos, ek vra jou mos
ek vra jou mos so nice
hoekom blaf die honde
by die hekke van paradise.
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #12987 is 'n antwoord op boodskap #12970] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jack wrote:

>> En ek vra jou mos, ek vra jou mos
>> Ek vra jou mos so nice
>> Hoekom blaf die honne
>> By die hekke van paradise
>>
>> David Kramer

> Nogtans sal ek dit waardeer as daar iemand is wat aan hierdie filistyn
> sal verduidelik hoekom bg. so spesiaal is.

Ou Jack

Ek dink Gloudina raak in haar opvolg so 'n bietjie aan die waarhheid.

Jy sien, honde blaf gewoonlik wanneer hulle onraad merk, in die geval by die
'hekke van paradise'. M.a.w. iets is nie heeltemal pluis in die 'paradys'
nie. Dit is natuurlik ook moontlik dat niks skort met 'paradise' nie, maar
wel met die sentrale karakter, en dat die honde vir hom blaf as hy by die
hekke aankom!

Wat die sosiale kommentaar betref, waarna Gloudina verwys - destyds het ons
natuurlik gedink dat Kramer 'n 'lekker' ou is wat oor goed sing wat aan ons
bekend was, maar ons het ons nie veel aan die inhoudelike gesteur nie. Gaan
luister weer 'n slag "Skipskop".

('Maar wat ken ek anders as die blou dam se branders' - is dit nie een van
die redes hoekom so baie van ons nog vasbyt hier nie?)

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13018 is 'n antwoord op boodskap #12970] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
On 28 Feb 1998 15:42:08 GMT, wrote:

>
>
> En ek vra jou mos, ek vra jou mos
> Ek vra jou mos so nice
> Hoekom blaf die honne
> By die hekke van paradise
>
> David Kramer
>
Goldilocks ek het gedink jy sal weet....... om in te kom!
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13019 is 'n antwoord op boodskap #12970] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 1 Mar 1998 22:27:38 -0700, "Henri Burger"
wrote:

natuurlik gedink dat Kramer 'n 'lekker' ou is wat oor goed sing wat aan ons[/color]
> bekend was, maar ons het ons nie veel aan die inhoudelike gesteur nie. Gaan
> luister weer 'n slag "Skipskop".>>

Kramer was altyd 'n digter.
Hekke van Paradise het Worcester waar Kramer grootgeword het as
agtergrond. Dit is die een gedig/liedjie wat 'n dorp van daai groote
(ek het op so een grootgeword) in die jare 60 en 70 die beste saamvat.
In woorde en musiek.

As my kinders ooit vir my eendag sou vra wat die tekstuur van die dorp
was waar ek grootgeword het (wat hulle waarskynlik nooit sal vra nie
as hulle normale kinders is) sal ek hulle onder meer na Hekke van
Paradise verwys.
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13052 is 'n antwoord op boodskap #12970] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
tan...@iinet.net.au (AUSSIE) writes: > On 28 Feb 1998 15:42:08 GMT, wrote:
>
>>
>>
>> En ek vra jou mos, ek vra jou mos
>> Ek vra jou mos so nice
>> Hoekom blaf die honne
>> By die hekke van paradise
>>
>> David Kramer
>>
> Goldilocks ek het gedink jy sal weet....... om in te kom!

O, jy is ook nog daar. Die man wat
dink Perth is die paradys. Wat nou
niks meer wil weet van die hange
van Tafelberg, die disas in die
kloof, die kokerbome van die
Noordweste nie.
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13121 is 'n antwoord op boodskap #12970] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Mar 1998 09:38:13 GMT, tan...@iinet.net.au (AUSSIE) wrote:

Ek sien jy het ook nog nie jou stem veander nie!>>[/color]

Jy stel die premise en trek die konklusie, wat jy aanbied as 'n
rasionele een.
Maar jou premise is hoogs aanvegbaar.
Dis vol dodelike krake.
Dus is jou konklusie ook.
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13122 is 'n antwoord op boodskap #12970] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
On 4 Mar 1998 00:25:58 GMT, wrote:

> tan...@iinet.net.au (AUSSIE) writes: > On 28 Feb 1998 15:42:08 GMT, wrote:
>>
>>>
>>>
>>> En ek vra jou mos, ek vra jou mos
>>> Ek vra jou mos so nice
>>> Hoekom blaf die honne
>>> By die hekke van paradise
>>>
>>> David Kramer
>>>
>> Goldilocks ek het gedink jy sal weet....... om in te kom!
>
>
> O, jy is ook nog daar. Die man wat
> dink Perth is die paradys. Wat nou
> niks meer wil weet van die hange
> van Tafelberg, die disas in die
> kloof, die kokerbome van die
> Noordweste nie.
>

Die sterkste stem, vir of teen ,is met jou voete!
Ek sien jy het ook nog nie jou stem veander nie!
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13123 is 'n antwoord op boodskap #12970] So, 08 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
tan...@iinet.net.au (AUSSIE) writes: > On 4 Mar 1998 00:25:58 GMT, wrote:
>
>> tan...@iinet.net.au (AUSSIE) writes: > On 28 Feb 1998 15:42:08 GMT, wrote:
>>>
>>>>
>>>>
>>>> En ek vra jou mos, ek vra jou mos
>>>> Ek vra jou mos so nice
>>>> Hoekom blaf die honne
>>>> By die hekke van paradise
>>>>
>>>> David Kramer
>>>>
>>> Goldilocks ek het gedink jy sal weet....... om in te kom!
>>
>>
>> O, jy is ook nog daar. Die man wat
>> dink Perth is die paradys. Wat nou
>> niks meer wil weet van die hange
>> van Tafelberg, die disas in die
>> kloof, die kokerbome van die
>> Noordweste nie.
>>
>
> Die sterkste stem, vir of teen ,is met jou voete!
> Ek sien jy het ook nog nie jou stem veander nie!

Maar ek sit nie en maak
Suid-Afrika sleg en probeer
die Afrikaners wat agterbly
laat voel asof hulle iets mis.
En toe ek met my voete gestem
het, het ek teen die
apartheidsvarke gestem, onthou.
En onthou, die Australiers
lag vir mense soos jy wat
nou die Australier wil
uit-Australies.
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13199 is 'n antwoord op boodskap #12970] Di, 10 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> Jy stel die premise en trek die konklusie, wat jy aanbied as 'n
> rasionele een.
> Maar jou premise is hoogs aanvegbaar.
> Dis vol dodelike krake.
> Dus is jou konklusie ook.
>

Waar kom jy vandaan Ferdi (jou voorouers...) ek wonder maar net.
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13235 is 'n antwoord op boodskap #12970] Wo, 11 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Mar 1998 16:57:02 +0800, "Jan" wrote:

>

Geniet jou wonder.
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13254 is 'n antwoord op boodskap #12970] Do, 12 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Maar jou premise is hoogs aanvegbaar.
> Dis vol dodelike krake.
> Dus is jou konklusie ook.
>
Ja Koos altyd aanvegbaar vir die punt wat mens wil maak. Ek het my
punt gemaak !
Re: Die hekke van die Paradys [boodskap #13255 is 'n antwoord op boodskap #12970] Do, 12 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
>> Die sterkste stem, vir of teen ,is met jou voete!
>> Ek sien jy het ook nog nie jou stem veander nie!
>
>
> Maar ek sit nie en maak
> Suid-Afrika sleg en probeer
> die Afrikaners wat agterbly
> laat voel asof hulle iets mis.
> En toe ek met my voete gestem
> het, het ek teen die
> apartheidsvarke gestem, onthou.
> En onthou, die Australiers
> lag vir mense soos jy wat
> nou die Australier wil
> uit-Australies.
>

Ag nee wat Flowerchild van die sestigs die een het jy holrug gery, vat
nog 'n teug van die Peace
pipe van chief Happy Feather" en miskien sal jy beter onthou. Sulke
regurgitated snert is mos nie 'n goeie argument werd nie.
Vorige onderwerp: Re: Rob McBride proves Nelson Wrong
Volgende onderwerp: Ietsie positiefs oor die Misdaad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 07:32:00 MGT 2024