Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rektum
rektum [boodskap #131965] Sa., 04 Julie 2020 14:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26200
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Nommer 6 is die dikderm, 7 is die rektum en 8 is die anus.
Nommer 6 is die dikderm, 7 is die rektum en 8 is die anus.
rektum
Afbreking: rek•tum


Selfstandige naamwoord: rektum
Meervoud: rektums
Verkleinwoord: rektumpie
Meervoud van verkleining: rektumpies

Betekenis:
• Die laaste, reguit gedeelte van die dikderm wat in die anus eindig.

Gebruik:
• Ontlasting word tydelik in die rektum opgegaar voordat dit uitgeskei word.

Sinoniem:
• endelderm
• nersderm

Vertaling:
Engels: rectum
Nederlands: rectum, endeldarm

Nota:
• Van Latyn: rectum intestinum, reguit ingewande.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ratkas
Volgende onderwerp: tempel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Aug. 20 14:37:22 UTC 2026