Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuil
skuil [boodskap #131926] Vr., 03 Julie 2020 09:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25504
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skuil
Afbreking: skuil


Werkwoord: skuil
Verlede tyd: het geskuil
Teenwoordige deelwoord: skuilend, skuilende
Verlede deelwoord: geskuilde

Betekenis:
• Om te sorg dat niemand jou kry nie; jouself verberg.

Gebruik:
• Hy skuil agter 'n boom.

Spreekwoord:
• Die een skuil agter die ander. [Hulle gee mekaar die skuld.]
• Daar skuil 'n adder in die gras. [Daar is iets onaangenaams, gevaarliks onder 'n skoon skyn verborge.]

Sinoniem:
• wegkruip

Afgelei:
• skuilhou
• skuiling
• skuilnaam
• skuilplek
• verskuil

Vertaling:
Engels: to shelter, take cover, hide
Nederlands: schuilen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eksperiment
Volgende onderwerp: potensiaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jun. 17 07:21:08 UTC 2026