Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Varke et al
Varke et al [boodskap #13150] |
Mon, 09 March 1998 00:00  |
jean
Boodskappe: 8 Geregistreer: March 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
All pigs are equal, some more equal than others.
Net omdat die ou bedeling sleg was beteken nie dat die nuwe een
vanselfsprekend
goed of self beter is nie.
Vark
(ook nou in Toronto)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Varke et al [boodskap #13223 is 'n antwoord op boodskap #13150] |
Wed, 11 March 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jan" writes: >
> @igs.net wrote in message
>
>> Hi Jean, ek sien jy skiet nou spek
>> in Toronto. Hoe is die lewe sonder
>> snoek?
>>
>> Gloudina
>
> Vra jou man Gloudina...
>
>
Ou Jan, ek dink ek weet wie hierdie
Jean is. As dit is wie ek dink hy is,
het hy my seun leer snoek eet op die
hawefront in Kaapstad verlede jaar,
toe my seun daar 'n UCT MBA gedoen
het. Die snoeketery was nie eintlik
'n sukses nie, want die snoek was
glo nie droog genoeg nie. Ek wonder
of dit daardie Jean is? So ou Jan,
waar kom jou voorsate vandaan dat
jy gedurig jou neus in ander mense
se sake steek. Aan watter dier
herinner dit jou? Oink?
|
|
|
Re: Varke et al [boodskap #13226 is 'n antwoord op boodskap #13150] |
Wed, 11 March 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
| > | Die nuwe bedeling het 'n Bill of Rights en 'n beter grondwet en 'n
| > | Grondwetlike Hof wat die wette wat die parlement maak, kan toets aan
| > | die hand van die handves van menseregte.
| > |
| > | Nie een van die dinge was in die ou bedeling nie.
| > |
| > | Die nuwe bedeling is beter as die ou een.
| >
| >
| > Jy kan dalk nog jou saak so stel , maar jy gaan nie 'n enkele persoon
| > binne of buite SA daarvan oortuig nie, behalwe miskien die regeringslui
wat
| > so lekker aan die gravy smul ...
| >
|
|
| Kyk hoe praat ou Nico nou weer vir al die
| persone "binne of buite SA." Watter
| hovaardigheid. Watter blindheid. Watter
| poging om sy eie saak te regverdig.
Netsoos jy, Gloudina, netso skreek ek maar bloot my opinie uit. Ek praat
nie namens enige iemand nie - en is nie verkies nie. (Waar het jy jou Phd
gekoop? - partykeer kan jy met die domste redenasies vorendag kom. Kyk in
'n spieël, ou tante, en kyk na jou eie hofvaardigheid, om van blindheid nie
eers te praat nie!) Ek hoef nie my eie saak te regevrdig nie - defnitief
nie teenoor mense soos jy nie.
| Watter drang is daar in baie mense
| wat onlangs SA verlaat het, om die
| land en sy mense te beswadder.
Ek beswadder niemand nie - lees al die vorige plasings sonder om driftig te
raak omdat ek basies van jou verskil. Ek kritiseer wel die swak
administrasie wat tans aan die gang is in SA en die land soveel skade doen.
Al die verkeerde dinge van die voor-1994 tydperk is maar net vervang met
nuwe gruwels. En omdat ons wit is, is ons diekeer aan die ontvangkant
(saam met 'n deel van die swart bevolking). Omdat daar 'n paar dinge
verkeerd was voor 1994, beteken dit nie ek moet nou die nuwe bedeling
ophemel en blindweg volg nie.
Is
| dit suur druiwe. Is dit die hond
| wat uit die eetbak uitgeskop is se
| woede?
Ek is nie uitgeskop nie - =|:^) Ek het vrywillig die land verlaat - en
ek is glad nie spyt daaroor nie! Inteendeel, ek is effens vies vir myself
dat ek dit nie ook al vroeër gedoen het nie.
Ek geniet Amerika baie (positief). Ek hou baie van die Amerikaners
(positief). Ek bly in 'n pragtige omgewing in 'n pragtige apartment
(positief). Ek is finansieel baie beter af (positief).
Ek het geen woede nie =|:^) Jy laat my lag as jy sulke stellings maak!
(positief).
"eetbak" ??? Die "dis" wat voorgesit is, het maar bra begin ruik na "'n
dog's breakfast"! Nie 'n bak wat ek meer wou uit eet nie...
En dan sê hy vir alle
| ander aan om positief te wees.
|
Ja - asseblief !
|
|
|
Re: Varke et al [boodskap #13227 is 'n antwoord op boodskap #13150] |
Wed, 11 March 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"F. Stef Roux" writes:
>
>>
>
>> Net omdat die ou bedeling sleg was beteken nie dat die nuwe een
>
>> vanselfsprekend
>
>> goed of self beter is nie.
>
>> Vark
>
>> (ook nou in Toronto)
>
>>
>
>
> Hoe vind jy Toronto (of soos hulle hier so "Trono")?
> Imponerend of neerdrukkend?
> Stef
"Vark" is mos nou in "Hogtown."
Hy moet dus voel of hy tuisgekom
het. Toronto is wel imponerend
as jy dit sien van die CN TOWER
se draai-restaurant. Die enigste
ander deel van Toronto wat my
werklik kry, is dele van Chinatown
waar jy net Chinees om jou op
die strate lees, selfs op die banke.
Gloudina
|
|
|
Re: Varke et al [boodskap #13228 is 'n antwoord op boodskap #13150] |
Wed, 11 March 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Nico" writes: > Ferdi wrote
> | Die nuwe bedeling het 'n Bill of Rights en 'n beter grondwet en 'n
> | Grondwetlike Hof wat die wette wat die parlement maak, kan toets aan
> | die hand van die handves van menseregte.
> |
> | Nie een van die dinge was in die ou bedeling nie.
> |
> | Die nuwe bedeling is beter as die ou een.
>
>
> Jy kan dalk nog jou saak so stel , maar jy gaan nie 'n enkele persoon
> binne of buite SA daarvan oortuig nie, behalwe miskien die regeringslui wat
> so lekker aan die gravy smul ...
>
Kyk hoe praat ou Nico nou weer vir al die
persone "binne of buite SA." Watter
hovaardigheid. Watter blindheid. Watter
poging om sy eie saak te regverdig.
Watter drang is daar in baie mense
wat onlangs SA verlaat het, om die
land en sy mense te beswadder. Is
dit suur druiwe. Is dit die hond
wat uit die eetbak uitgeskop is se
woede? En dan sê hy vir alle
ander aan om positief te wees.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:38 UTC 2025
|