Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vloek
vloek [boodskap #131865] So., 28 Junie 2020 19:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26676
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
vloek
Afbreking: vloek


Werkwoord: vloek
Verlede tyd: het gevloek
Teenwoordige deelwoord: vloekend, vloekende

Betekenis:
• Om lelik te praat; lasterlike of beledigende taal gebruik; vloekwoorde uiter.
• Om te kontrasteer en nie bymekaar te pas nie; bots.

Gebruik:
• Hy vloek soos 'n matroos! Sy glimlag, maar vloek binnensmonds.
• Sy das en hemp vloek teen mekaar. Daai skoene vloek teen haar rok.

Sinoniem:
• fulmineer
• knoop
• skel
• swets

Antoniem:
• seën

Afgelei:
• uitvloek
• vervloek
• vloekery

Vertaling:
Engels: to curse, swear, damn
Nederlands: vloeken


Selfstandige naamwoord: vloek
Meervoud: vloeke

Betekenis:
• 'n Lasterlike uiting as iemand geskok, seergemaak of ontevrede is.
• 'n Verwensing of bestraffing; doelbewuste uitspraak ten nadeel van iets of iemand.

Gebruik:
• Sy sluk 'n liederlike vloek, draai om, en loop weg.
• Daar rus 'n vloek op elkeen wat sy pa of ma minag. [Deuteronomium 27:21]

Sinoniem:
• kragwoord
• skelwoord

Afgelei:
• vloekskoot
• vloekwaardig
• vloekwoord

Vertaling:
Engels: curse, blasphemy
Nederlands: vloek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vetplant
Volgende onderwerp: skinder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Sep. 30 04:41:48 UTC 2026