| gerf [boodskap #131745] |
Ma., 22 Junie 2020 11:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24223 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gerwe mielies op 'n land.
gerf
Afbreking: gerf
Selfstandige naamwoord: gerf
Meervoud: gerwe
Verkleinwoord: gerfie
Meervoud van verkleining: gerfies
Betekenis:
• 'n Bondel graan, strooi of ander afgemaaide gewasse.
Gebruik:
• In die ou dae het boere die koring met sekels afgesny, dit in gerwe gebind en met waens uit die lande na die trap- of dorsvloer aangery.
Sinoniem:
• graanbondel
• skroof
Vertaling:
Engels: sheaf, bundle
Nederlands: garf, schoof
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|