| alkalimetaal [boodskap #131737] |
So., 21 Junie 2020 20:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26523 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
alkalimetaal
Afbreking: al•ka•li•me•taal
Samestelling: alkali + metaal
Selfstandige naamwoord: alkalimetaal
Meervoud: alkalimetale
Betekenis:
• Chemiese element in Groep 1 van die periodieke tabel, waterstof uitgesluit, wat maklik 'n elektron afstaan om ioniese verbindings met nie-metale te vorm.
Gebruik:
• Natrium is 'n alkalimetaal wat heftig met water reageer.
• Die alkalimetale en die aardalkalimetale vorm die s-blok van die periodieke tabel.
Hiponiem:
• litium
• natrium
• kalium
• rubidium
• sesium
• frankium
Vertaling:
Engels: alkali metal
Nederlands: alkalimetaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|