| vuurwapen [boodskap #131733] |
So., 21 Junie 2020 18:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24215 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vuurwapens met knaldempers.
vuurwapen
Afbreking: vuur•wapen
Samestelling: vuur + wapen
Selfstandige naamwoord: vuurwapen
Meervoud: vuurwapens
Verkleinwoord: vuurwapentjie
Meervoud van verkleining: vuurwapentjies
Betekenis:
• 'n Wapen wat 'n projektiel deur middel van 'n ontploffing kan afskiet.
Gebruik:
• 'n Vuurwapen is die hand is beter as 'n hele polisiemag op die telefoon.
Afgelei:
• handvuurwapen
• hoëkalibervuurwapen
• vuurwapenlisensie
• vuurwapenwet
Vertaling:
Engels: firearm, gun
Nederlands: vuurwapen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|