| grendel [boodskap #131723] |
Vr., 19 Junie 2020 21:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Verroeste grendel.
grendel
Afbreking: gren•del
Selfstandige naamwoord: grendel
Meervoud: grendels
Verkleinwoord: grendeltjie
Meervoud van verkleining: grendelties
Betekenis:
• Die knip van 'n deur; skuifbare stuk metaal wat keer dat 'n deur oopgemaak kan word.
• Die deel van 'n geweer wat die loop sluit.
Gebruik:
• Die kluis het 'n stewige grendel wat dit bykans onmoontlik maak om te kraak.
• Sit 'n patroon in, sluit die grendel en strek die sneller.
Spreekwoord:
• Agter slot en grendel. [In die tronk sit.]
Sinoniem:
• knip
• skyfbout
• ysterskuiwer
Hiponiem:
• deurgrendel
• geweergrendel
• ystergrendel
Afgelei:
• grendelgeweer
• grendelmeganisme
• grendelslot
• grendelstaat
Vertaling:
Engels: bar, bolt
Nederlands: grendel
Werkwoord: grendel
Verlede tyd: het gegrendel
Teenwoordige deelwoord: grendelend, grendelende
Verlede deelwoord: gegrendelde
Betekenis:
• Om met 'n grendel sluit.
Gebruik:
• Die kasteel se poorte word saans om tien gegrendel.
Afgelei:
• grendeling
Vertaling:
Engels: to bolt, fasten
Nederlands: grendelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|