| anoreksie [boodskap #131706] |
Di., 16 Junie 2020 20:36 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
anoreksie
Afbreking: a•no•rek•sie
Uitspraak: /ɑnurɛkˈsi/, /ɑnuˈrɛksi/
Selfstandige naamwoord: anoreksie
Meervoud: –
Betekenis:
• Eetsteurnis waar iemand hom- of haarself uithonger as gevolg van 'n obsessie met gewig.
Gebruik:
• Met verloop van tyd kan anoreksie tot ernstige gesondheidsprobleme lei, onder meer osteoporose en nierskade.
Sinoniem:
• anorexia nervosa
• selfverhongering
Afgelei:
• anoreksielyer
• anoreksies
Vertaling:
Engels: anorexia
Nederlands: anorexia
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|