| betoging [boodskap #131679] |
Di., 16 Junie 2020 16:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Betoging.
betoging
Afbreking: be•to•ging
Selfstandige naamwoord: betoging
Meervoud: betogings
Verkleinwoord: betoginkie
Meervoud van verkleining: betoginkies
Betekenis:
• 'n Samekoms van baie mense, meestal op straat, met die doel om protes/beswaar aan te teken.
Gebruik:
• Ten spyte van gerugte dat die betoging gewelddadig kon raak, het die protesaksie vreedsaam verloop.
Sinoniem:
• demonstrasie
• opmars
• optog
• protesaksie
Afgelei:
• plakkaat-betoging
Verwant:
• betoog
• betoger
Vertaling:
Engels: demonstration, protest
Nederlands: betoging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|