| kaak [boodskap #131486] |
Sa., 06 Junie 2020 10:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die kake van 'n haai.
kaak
Afbreking: kaak
Selfstandige naamwoord: kaak
Meervoud: kake
Verkleinwoord: kakie
Meervoud van verkleining: kakies
Betekenis:
• Een of beide van die bene wat die mond vorm.
• Iets wat daaraan herinner, soos 'n skandpaal of die knypers van 'n insek.
Gebruik:
• 'n Boelie het sy kaak afgeslaan.
• Sommige miere het reuse kake.
Spreekwoord:
• Sy dade is aan die kaak gestel. [Sy slegte dade is geopenbaar.]
Hiponiem:
• bokaak
• onderkaak
Afgelei:
• kaakbeen
• kaakklem
• kaakkramp
• kaakplaat
• kaakpyn
• kaakslag
• kaakspier
• kakebeen
• klem-in-die-kaak
Vertaling:
Engels: jaw; mandible, gill
Nederlands: kaak
Nota:
Die woord "kaak" is 'n palindroom.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|