| vlek [boodskap #131482] |
Vr., 05 Junie 2020 18:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27161 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
vlek
Afbreking: vlek
Selfstandige naamwoord: vlek
Meervoud: vlekke
Verkleinwoord: vlekkie
Meervoud van verkleining: vlekkies
Betekenis:
• 'n Vuil kol.
• (figuurlik) Skande of smet.
Gebruik:
• Daar kom daai vlek op jou hemp vandaan?
• Dit is 'n vlek op sy goeie naam.
Sinoniem:
• kol
• klad
• merk
Afgelei:
• skandvlek
• vlekkeloos
• vlekloos
• vlekverwyderaar
• vlekverwydering
• vlekvry
Vertaling:
Engels: stain, smudge, blot, blemish, spot
Nederlands: vlek
Werkwoord: vlek
Verlede tyd: het gevlek
Teenwoordige deelwoord: vlekkend, vlekkende
Verlede deelwoord: gevlekte
Betekenis:
• Om 'n vuil kol te maak.
• Om oop te sny om die binnegoed uit te haal.
Gebruik:
• Pasop rooiwyn vlek.
• Die kok vlek die vis en verwyder die derms.
Vertaling:
Engels: to stain, soil, smudge
Nederlands: vlekken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Sa., 14 November 2026 10:47] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|