Leksikograaf Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Lama.lama
Afbreking: la•ma
Selfstandige naamwoord: lama
Meervoud: lamas
Verkleinwoord: lamatjie
Meervoud van verkleining: lamatjies
Betekenis:
• (soogdier) Die Suid-Amerikaanse kameel-skaap, 'n soort eeltpotig soogdier.
• (religie) Boeddhistiese priester.
Gebruik:
• In teenstelling met kamele, wat aangepas is by 'n lewe in plat woestyngebiede, kom lamas hoofsaaklik in bergagtige streke voor.
• Lama (in Tibettaans: "hoof" of "hoëpriester") is die titel van 'n onderwyser van die dharma in Tibettaanse Boeddhisme.
Wisselvorm:
• llama (dier)
Sinoniem:
• kameelskaap
• skaapkameel
Vertaling:
Engels: llama, lama
Nederlands: lama
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.