Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plooi
plooi [boodskap #131423] Wo., 27 Mei 2020 20:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Man met 'n gelooide gesig.
Man met 'n gelooide gesig.
plooi
Afbreking: plooi


Selfstandige naamwoord: plooi
Meervoud: plooie
Verkleinwoord: plooitjie
Meervoud van verkleining: plooitjies

Betekenis:
• 'n Golwing of rimpeling in dierlike of plantaardig weefsel.
• 'n Rimpeling wat ontstaan as materiaal gevou word.
• (geologie) 'n Golwing in 'n aardlaag of in 'n gesteente.

Gebruik:
• Die ou vrou se gesig is in plooie getrek.
• Hy stryk die plooie uit die verkreukelde hemp.
• 'n Monoklien is 'n trapsgewyse plooi in rotslae.

Spreekwoord:
• 'n Goeie plooi aan iets gee. [Dit aanneemlik voorstel.]

Afgelei:
• plooibaar
• plooidal
• plooierig
• plooiing
• plooiloos
• plooirok
• plooisel

Vertaling:
Engels: wrinkle, crease, fold, plait
Nederlands: plooi


Werkwoord: plooi
Verlede tyd: het geplooi
Teenwoordige deelwoord: plooiend, plooiende
Verlede deelwoord: geplooide

Betekenis:
• Om voue of rimpelings te maak maak.

Gebruik:
• Die ou oom plooi sy voorkop.

Afgelei:
• plooibaar
• plooiing

Vertaling:
Engels: to fold, crease, pleat, wrinkle
Nederlands: plooien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seekastaiing
Volgende onderwerp: roeiboot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Aug. 21 20:44:37 UTC 2026