| boon [boodskap #131368] |
Sa., 23 Mei 2020 10:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Bone
boon
Afbreking: boon
Selfstandige naamwoord: boon
Meervoud: bone
Verkleinwoord: boontjie
Meervoud van verkleining: boontjies
Betekenis:
• Die saad van 'n peulvrug of plant wat dit dra.
Gebruik:
• Die boon van arabicakoffie is langwerpig, puntig, plat en groot.
Hiponiem:
• boerboon
• kakaoboon
• koffieboon
• nierboon
• sojaboon
• sousboon
Vertaling:
Engels: bean
Nederlands: boon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|